Die Barblioteek Potkas

Ons gesels letterkunde – regstreeks uit die karavaanpark!

Hen se loopbaan as letterkundige is lankal in die drein af die dag toe sy so half per ongeluk by La Casa intrek. Toe Bossie, die park se instigator, hoor dat haar dekor-visie vir haar woonstel destyds ‘n biblioteek met ‘n bar was, kry hy ‘n idee vir die stoorkamertjie langs die kroegie by die park se ontvangs.

Vir die hele lang storie wat ten minste vyf honde, ‘n hoennerpaai en ‘n ballie-centred liefdadigheidsorganisie (Die Kokketiele met Wiele) in het – lees die roman Die Barblioteek.

Die kort storie: Bossie, Stella en Hen het ‘n potkas oor letterkunde begin wat uitsaai vanuit die karavaanpark se Barblioteek.